Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het pas laat weet dat die Volmoed-pad weer vir verkeer oopgestel is.
Dit volg na ontevrede inwoners vanoggend die pad gesluit het omdat hulle na 20 jaar steeds op huise in Volmoed wag.
Die polisie se onluste-eenheid is op die toneel.
Motoriste word gewaarsku om versigtig te ry aangesien daar wel wel skade aan die pad aangerig is deur die bande wat aan die brand gesteek is.
Die provinsiale departement van vervoer is ook op die toneel.
Lees 'n vorige artikel: Inwoners sluit Volmoedpad
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'