Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Ongeveer 6 mans het vanoggend omstreeks 08:00 Market Fisheries in Victoriastraat met wapens beroof.
Die personeel moes op die grond lê en hul hande in die lug steek.
'n Klient wat toevallig by die winkel ingeloop het is ook van die kontant wat hy by hom gehad het beroof.
Die vermeende rowers het met die wapens en 'n onbekende bedrag geld in 'n wit Audi gevlug. Die Oudtshoorn Courant het deur 'n bron verneem dat die voertuig tot in die Asla-woonbuurt in Mosselbaai gejaag is.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Kyk 'n video hieronder:
Polisie is op die toneel.
Die vermeende rowers het met die wapens en 'n onbekende bedrag geld in 'n wit Audi gevlug.
Lees 'n vorige artikel hier: Besigheid glo beroof
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'