Update
OUDTSHOORN NUUS - Bykans 600 swartsakke is vandag, Vrydag 11 Augustus, deur Oudtshoorniete op die grasperk langs die museum neergesit om inwoners 'n geleentheid te gee om hul misnoë oor die verhoogde munisipale tariewe te kenne te gee.
Arno Greyling, wat die aksie gereël het, het na 14:00 vanmiddag, na die aksie tot 'n einde geloop het, gesê hy is aangenaam verras met die deelname van inwoners.
"Daar word nog aksies beplan. Ek hoop dat nóg meer inwoners volgende keer gaan deelneem."
Bykans 600 swartsakke is vandag, Vrydag 11 Augustus, deur Oudtshoorniete op die grasperk langs die museum neergesit.
Foto's: Liezl van Niekerk
Vorige artikel: Oudtshoorniete maak misnoë met hoë tariewe duidelik
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’