Volgens Danie du Toit, kommersiële hoof van Intercape, was die bus na Johannesburg via Bloemfontein op pad toe die ongeluk gebeur het.
"Net die medebestuurder se knie is lig beseer. Niemand anders het seergekry nie," het hy gesê.
Hy het verder gesê dat die bus net skade aan die voorkant het. Beide onderste voorruite van die bus is stukkend.
As gevolg van die skade kon die bus nie verder passasiers vervoer nie en 'n bystandbus is vanaf Mosselbaai gestuur om die passasiers na hul bestemming te neem.
Vroeër vanjaar het drie Franse toeriste in 'n gehuurde motor ongeveer 15 km vanaf Sondag se ongelukstoneel ook 'n koedoe getref.
Daardie koedoe het egter binne minute verdwyn nadat 'n bakkie met 'n klomp werkers hom vir die pot opgelaai het. Op 'n vraag na die grootte van die koedoe wat hulle motor teen die windskerm getref het, het die Franse bestuurder gesê: "I don't know, it was flying over the road."
Volgens 'n boer van die De Rust-omgewing besef besoekers nie hoeveel koedoes in die omgewing is nie.
"As jy die pad Willowmore toe ry kan jy maar al die remmerke kyk, meeste van hulle is as gevolg van koedoes wat oor die pad hardloop."
Volgens hom moet motoriste veral teen skemeraand en vroegoggend op die uitkyk wees vir koedoes.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.

Die koedoe
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'