Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die opruimingsoperasie om die bier wat oor Langenhovenweg lê skoon te maak, het begin.
Dit volg na 'n bakkie en 'n vragmotor vanoggend op die kruising van Langenhovenweg en Rademeyerstraat gebots het.
Polisie het hul hande vol gehad met omstanders wat kaste bier wou steel. 'n Groep omstanders het skielik die toneel bestorm en lede van die openbare orde polisie moes hulle met traangas en rubberkoeëls wegjaag.
Die pad sal gesluit wees tot die toneel opgeruim is.
'n Omstander het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat die bakkie die stopstraat verontagsaam het. Die vragmotorbestuurder het glo probeer om die ongeluk te vermy maar dit was ter vergeefs.
Die vragmotorbestuurder het beheer verloor, en die bakkie is teen 'n lamppaal vasgestamp.
Die vragmotor het twee huise se omheiningsmure plat gery en 'n boom getref. Die vragmotor het sy hele vrag in die proses verloor.
Hannes Visser is op die toneel. Kyk 'n video hieronder.
Die video hieronder is deur 'n omstander verskaf.
Nooddienste besig met die bestuurder van die bakkie wat uit die voertuig gesny moes word.
Die pad sal gesluit wees tot die toneel opgeruim is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'