Update
OUDSHOORN NUUS - Vriende en familie van Marilize Nortier, wat in 2019 oorlede is, het die week hul misnoeë oor die "ligte vonnis" van Sydney Berry uitgespreek en beplan selfs 'n optog na die hof om 'n petisie daaroor in te dien.
Berry was die bestuurder van die BMW waarin Nortier dood gevind is na 'n ongeluk op die grottepad.
Hy is korrektiewe toesig van drie jaar opgelê, asook twee jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is.
Die korrektiewe toesig behels 24 uur per dag in huisarres behalwe vir werk- en kerkdoeleindes, gemeenskapswerk van 18 uur per maand vir die volle drie jaar en die bywoning van programme wat die departement korrektiewe dienste aanbied.
Hy is ook aan versuim om hulp op ‘n ongelukstoneel en roekelose en nalatige bestuur aangekla, maar is onskuldig bevind.
Marilize Nortier
So sê familie en vriende
'n Besorgde inwoner het die week gesê dat sy saam met Leon Campher van Community Against Crime, 'n optog na die hof reël om 'n petisie te oorhandig oor Berry se ligte vonnis.
"Die vonnis is te lig. Ons wil 'n petisie gaan indien om aan die hof te wys dat ons nie daarmee te vrede is. Meer detail oor die optog sal nog bekend gemaak word, maar ons wil solank mense begin nooi om die petisie te teken en daaraan deel te neem."
Volgens Morné Nortier het hy ná sy dogter se dood ’n bitter persoon geword en hoop Berry "kry wat hy verdien”. “Die beskuldigde het my kind se lewe gesteel.”
Selfs Marilize se oupa en ouma kan volgens Nortier nie haar dood verwerk nie.
Sydney Berry en sy regsverteenwoordiger Bulelani Bans. Foto: Hannes Visser
Fanie van Zyl, Morné Nortier se neef, het die week aan Oudtshoorn Courant gesê hulle is definitief nie met die vonnis tevrede nie.
"Hy (Berry) was nie eerlik nie en baie vrae bly steeds onbeantwoord, soos waarom is sy bloedalkoholvlakke nie getoets nie en waarom kon hy net van die toneel af verwyder word. Kritiese vrae is steeds onbeantwoord."
Lees meer in die week se Oudtshoorn Courant.
Bulelani Bans. Foto: Garnett Wicomb
Jené Snyman. Foto: Garnett Wicomb
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’