OUDTSHOORN NUUS - Die Optimum Meiringspoort (21,1 km en 12,5 km) vind Saterdag 14 Oktober in Meiringspoort net buite De Rust plaas en die feesbasaar, wat Vrydag 13 Oktober om 11:00 reeds 'n aanvang neem, beloof om iets vir ieder en elk aan te bied.
Saterdag sal daar vanaf 07:00 ontbyt te koop wees met al die ander bedrywighede wat, net soos Vrydag, voortgaan.
Bring jul beursies, vol kontant, en geniet die plaaslike gasvryheid voor, tydens en na die wedloop.
Daar sal heerlike poedings, hamburgers, jafels en vele meer te koop wees.
Die vleistafel sal ook oudergewoonte daar wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’