OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie ondersoek ‘n klag van openbare geweld na ’n voorval Saterdagaand in Rosebank.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is die polisie uitgeroep na ‘n bakleiery tussen twee groepe.
“Die mense het mekaar met klippe gegooi. Die polisie het tussenbeide getree en die twee groepe het teen die polisie gedraai en die polisie met klippe bestook.”
Volgens Visser het die polisie die mense met skokgranate en rubberkoeëls uitmekaar gedryf.
Sover vasgestel kon word is niemand beseer nie en niemand is tot dusvêr in hegtenis geneem nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'