OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport het op Dinsdag 27 Augustus afskeid geneem van Dirk van der Westhuizen van die Oudtshoorn-streekkantoor.
Van der Westhuizen was vir 35 jaar in diens van die departement en was sedert Maart 1993 by die Oudtshoorn-kantoor gestasioneer.
Hy het op 31 Augustus afgetree. Aanwesig by die funksie wat by die Protea Riempie-landgoed in Oudtshoorn gehou is, was Van der Westhuizen en dr. Lyndon Bouah (hoofdirekteur sport & ontspanning by die departement van kultuursake en sport).
"'n Mens moet mos op 65 aftree. Nou moet ek maar sien wat ek gaan doen," skerts hy.
"Sover bly ek aan by ovaalbaanresies. Dit hou my darem besig."
Mandilakhe Matika tydens die afskeid. Foto's: Louise Mouton
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’