OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-munisipaliteit ontvang gereeld klagtes oor onwettige storting van vullis in die dorp en woongebiede. 'n Groot probleem is ook swartsakke wat uitgesit word voor die geskeduleerde verwydering daarvan.
Rommel veroorsaak besoedeling, is 'n aanvoermiddel vir diere om sakke oop te skeur en laat woonbuurte onnet en afgeskeep voorkom.
Onwettige storting van vullis dra ernstige gevolge vir die omgewing, asook oortreders.
In terme van die Paaie en strate verordening in die Pronvinsiale Gazette is die volgende boetes van toepassing:
Die ontwettige storting van rommel en ander afvalprodukte in die straat - R500.
Die toelating van onwettige storting van rommel en afvalprodukte in strate sonder toestemming - R500.
Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, sal die verordening voortaan baie streng toegepas word aangesien rommelstrooi en vullis in die Oudtshoorn munisipale gebied 'n ernstige probleem is.
Enige onwettige storting van vullis of enige afvalmateriaal kan gerapporteer word by 044 203 3000.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’