Breaking News
OPVOLG: 'n Stop-en-ry is nou in plek op die N2
TUINROETE NUUS - Die bestuurder van 'n bakkie is op die toneel dood na 'n botsing vroeër met 'n trok.
Die ongeluk het ongeveer 12:30 vandag, 20 Januarie tussen Albertinia en Riversdal, naby die Soutpan afdraai gebeur.
Die bestuurder van die trok het nie lewensgevaarlike beserings opgedoen nie.
Die hond wat saam met die oorledene was, is deur dierebeskerming kom haal. Hy is glo nie te ernstig beseer nie.
Lees meer en kyk 'n video op susterskoerant, Suid-Kaap Forum
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'