Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n Volkswagen Golf is vanmiddag by 'n botsing op 'n klag van dronkbestuur gearresteer.
Die botsing het in Randstraat gebeur.
Volgens inwoners het die Golf stilgestaan terwyl die bestuurder die toere opgejaag het.
Hy het weggetrek en eers 'n muur getref waarna hy met die sypaadjie langs gery het en 'n heiningspaal getref het.
Die botsing is op 'n nabygeleë besigheid se sekerheidskameras vasgelê.
Kyk 'n video hieronder.
Die botsing is op 'n nabygeleë besigheid se sekerheidskameras vasgelê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'