OUDTSHOORN NUUS - Nadat hy in 1981 as groentjie by Hoërskool Oudtshoorn aangestel is, het Herman Marais aan die einde van verlede kwartaal, na 37 jaar diens afgetree.
Marais is aangestel as Aardrykskunde en Geskiedenis onderwyser en het vir drie jaar in Huis Archer, Struisies se koshuis, gewoon. In 1983 trou hy met Adèle wat ook 'n onderwyser is.
Hy is sommer uit die staanspoor by sportafrigting betrek en dis veral by atletiek en landloop waar hy sy stempel afgedruk het.
Marais was vir 'n hele aantal jare op bestuur van SWD Atletiek en -landloop waar hy onderskeidelik sekretaris en voorsitter was.
Sy ander passie is gholf waar hy sedert 2004 betrokke was by die bestuur van SWD Skole-gholf.
As departementshoof was hy onder ander verantwoordelik vir die reusetaak om skool-,toets- en eksamenroosters op te stel en die leerlingrade te mentor.
Met ‘n passie vir sport, die buitelewe en studie gaan hy en sy vrou Adèl beslis nie tyd kry vir stilsit nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'