Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Uiters skaars superbloumaan kan tussen vanaand en môreoggend gesien word.
Die Oudtshoorn Courant het met Leonardo (Leo) Oosthuizen, ‘n amateur-astronoom oor die verskynsel gesels.
Volgens hom is 'n superbloumaan 'n kombinasie van twee maangebeurtenisse: 'n supermaan en 'n bloumaan.
Die supermaan is wanneer die maan die naaste aan die aarde is. Die bloumaan is wanneer die maan twee keer in een maand vol is.
Dié laas genoemde is nie ‘n algemene verskynsel nie en dit is ook waar die gesegde ‘Once in a Blue Moon’ vandaan kom.
Die verskynsel sal môreoggend om 01:30 op sy duidelikste wees.
VIDEO - Die Oudtshoorn Courant gesels met amateur-astronoom Leonardo Oosthuizen oor die komende Bloumaan (Video: Stefan Goosen).
Leonardo Oosthuizen, amateur-astronoom van Oudtshoorn, staar al meer as 20 jaar na die sterre. Foto: Stefan Goosen
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’