OUDTSHOORN NUUS - Die PDSA (The Peoples Dispensary For Sick Animals) is 'n diereliefdadigheids-organisasie wat op 'n gereelde basis hul onbaatsugtige dienste aan Oudtshoorn lewer. Hul doelwit is om siek en beseerde diere van troeteldiereienaars, wat nie die hoë koste van privaat veeartsenykundige dienste kan bekostig nie, te behandel en te versorg.
Die PDSA verskaf 'n welsynsveeartsenydiens en bied ondermeer die volgende dienste aan:
- Inentings
- Ontwurming
- Sterilisering van diere
- Algemene chirurgie
- Tandheelkunde
- Behandeling van brandwonde
Hulle fokus ook op opvoeding van troeteldiereienaars. Dié instansie het nege mobiele eenhede regoor die land, wat George insluit en elke week die Oudtshoorn-streek besoek.
Die PDSA besoek Oudtshoorn op die volgende dae:
Eerste Dinsdag van die maand:
- 10:00 -12:00 Dysselsdorp-gemeenskap-saal
- 13:00 - 15:00 Bridgton-kliniek.
Tweede, derde en vierde Dinsdag van die maand:
- 09:00 -10:00 Rosevalley
- 10:00 -11:00 Smartietown by die sirkel
- 11:00 -12:00 Bongolethu-sirkel
- 12:00 -12:45 St Saviourstraat by die waterpunt
- 13:00 - 15:00 Bridgton-kliniek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’