Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Onderwyser van St. Conrads Primêr was Maandagoggend in 'n botsing betrokke nadat sy motor op olie in St. Saviourstraat gegly het.
Volgens Johnstone Manuel was hy na die skool onderweg toe sy Renault se wiele op 'n strook olie oorkant die gholfbaan gegly het.
Die motor het eers links van die pad af gegly waarna dit na regs oor die pad beweeg het en 'n muur getref het.
Met die slag het die motor op sy dak te lande gekom.
Alhoewel Manuel geen sigbare beserings opgedoen het nie, het sy dokter aanbeveel dat hy X-strale van sy nek en rug laat neem.
Dit blyk dat die olie wat vir ongeveer 200 meter op die padoppervlak uitgeloop het, glo afkomstig is van 'n voertuig van 'n plaaslike kontrakteur.
Die voertuig van Johnstone Manuel na die botsing.
In 'n e-pos het Manuel Woensdag gesê hy weet aan wie die vragmotor behoort en glo dat die olie deur die betrokke voertuig gestort is.
Hy het aangedui dat hy die inligting aan sy versekeraar en aan owerhede beskikbaar sal stel.
Lees 'n verwante artikel: Motor rol nadat dit op olie gly
ARTIKEL & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'