OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Onderwyser was vanoggend gelukkig om ongedeerd uit sy Renault te klim nadat dit op olie gegly en gerol het.
Die ongeluk het in St Saviourstraat naby die gholfbaan gebeur.
Motoriste wat die straat gebruik word gemaan om uiters versigtig te wees.
'n Voertuig het olie op die pad gestort en brandweerbeamptes is besig om sand op die strook olie te gooi.
Die olie op die pad het vermoedelik uit 'n vragmotor se enjin geloop.
Brandweerbeamptes strooi sand op die olie.
ARTIKEL & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'