OUDTSHOORN NUUS - Leerders van verskeie hoërskole in Oudtshoorn het Saterdag 1 Oktober 'n Old Mutual-promosietoer, wat op matrikulante gemik is, bygewoon.
Tydens die byeenkoms is leerders en onderwysers gewys hoe om toegang tot die digitale inhoud op die toepassing, Matric Live, wat die nasionale kurrikulum volg, te kry.
Die nasionale veldtog is van stapel gestuur om matrikulante met die eksamen op hande, behulpsaam te wees, en volgens Deon Hills, Old Mutual-takbestuurder van Oudtshoorn, beplan hulle om die geleentheid, 'n jaarlikse instelling te maak.
Hills, is opgewonde oor die inisiatief en voel dat matrikulante 'n geweldige terugslag met Covid-19 beleef."Old Mutual wil graag deur hierdie veldtog, ondersteuning bied waar daar ondersteuning nodig is.
Ons matrikulante sukkel om na Covid-19 met die nasionale kurrikulum by te hou en daarom het hulle hierdie toepassing, wat zero rated is, vir leerders, bekendgestel.
"Die volgende skakels kan gebruik word om die toepassings te gebruik: https://www.matriclive.com/home en https://www.velle.co.za/
Leerders van verskeie skole in Oudtshoorn staan reg om die dag se verrigtinge te begin.
Rock your matric exams with online support is duidelik op die mobiele-eenheid gedruk. Foto's: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'