OUDTSHOORN NUUSFLITS - Hul stoutste verwagtinge is oortref.
So sê die uitvoerende hoof van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF), Johnny Baartman, oor die forum se sewende Erfenis Sport- en Kultuurfees wat Sondag en Maandag op die Bridgton-sportgronde aangebied is.
Die fees het met 'n Gospel Extravaganza begin met 'n groot aantal kore, sanggroepe en musikante, onder andere, Total Praise van Kaapstad, Oneness Worship Team, Geneses Academy, Real Soul, Owen Ryneveldt en Patrick Wagenaar, Trudy en Marilese Samson jeuggroep.
Maandag se program het begin met 'n optog teen dwelms en alkoholmisbruik vanaf die Smartie Town sirkel in Dassieweg wat gelei is deur die Evangelies Lutherse jeugbrigade en motorfietsryers van die Olympians Motorfietsklub.
Hierna was dit tyd vir dominoes-, netbal- en sokkerwedstryde, vertonings deur drilpelitons, die kulkunstenaar, Jannie de Bruin en demonstrasies deur paramedici van Wes-Kaapse forensiese afdeling.
Die gemeenskapsradiostasie, EdenFM, het lewendig vanaf die terrein uitgesaai.
In 'n memorandum aan die Oudtshoorn-munisipaliteit sê die forum dat Oudtshoorn gebuk gaan onder sosiale euwels soos toenemende misdaad, dwelmmisbruik, tiener swangerskappe, vroeë skoolverlating, die straatkinderprobleem, straatbedelaars en die afbreek van familiestrukture grotendeels as gevog van die groeiende werkloosheidssyfer en tekort aan entrepreneursgeleenthede en ontwikkelingsinisiatiewe.
Lees volledige berig in Vrydag se koerant, en aanlyn.
ARTIKEL EN FOTO'S: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'