OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) het die afgelope naweek vir die vierde agtereenvolgende jaar, 'n baie suksesvolle leierskapkamp vir gr. 7- en 8-leerders aangebied. Die tema was leierseienskappe.
Die kamp is by die Schoemanspoort-kultuursentrum aangebied met leerders van Dysselsdorp, Matjiesrivier, Rooiheuwel, Buffelsdrift en De Villiers Primêr wat dit bygewoon het.
Patrick Blaauw, Brenda Langtrey, Damon Gysman en Jonathan Serfontein was die naweek se fasiliteerders.
Seroux het sy dank uitgespreek teenoor Kindersorg en die ACVV wat verantwoordelik was vir die naweek se program en spesiale dank aan die Wes-Kaapse LUR vir kultuur en sport, Anroux Marais, en die hoof van die departement, Herman van der Westhuizen, vir hul waardevolle bydrae tot die sukses van die kamp.
Volgens Seroux is tienerswangerskappe en dwelmmisbruik ook aangespreek.
Hy het ook sy dank uitgespreek teenoor die kombuispersoneel onder leiding van Monique Winstor.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’