OUDTSHOORN NUUS - Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het amptelik bevestig dat raadslid Mlandeli Nyuka, van Saamstaan Suid-Afrika, nie meer ‘n raadslid van die Oudtshoorn-munisipaliteit is nie. Sy lidmaatskap is reeds in April verlede jaar beëindig.
Hannes Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-burgemeester, Chris Macpherson, het vandag in ‘n verklaring gesê dat die OVK die munisipale bestuurder in kennis gestel het dat Veronica Micheals reeds sedert 3 Mei Saamstaan se nuwe proporsionele raadslid is.
Sy is volgens Item 18 van Bylae 1 van die Wet op Munisipale Strukture, 1998 (Wet No. 117 van 1998) verkies.
Macpherson het gesê dat hy verlig is dat die kwessie nou opgelos is en dat 'n raadslid aangestel is om in belang van die gemeenskap tot die raad by te dra.
Sy sal tydens die volgende raadsvergadering seremonieel ingehuldig word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’