LADISMITH NUUS - Die splinternuwe, moderne primêre gesondheidsorgkliniek in Ladismith is amptelik op Vrydag 5 Julie deur die departement van infrastruktuur aan die departement van gesondheid in die Wes-Kaap oorhandig.
Die verteenwoordiger van die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur, André Blignault, het genoem dat, alhoewel die begroting van die nuwe kliniek by tye gekrimp het, die instansie steeds van uitstaande gehalte is, en beslis aan die behoeftes van die Kannaland-gemeenskap sal voldoen.
Blignault het ook verseker dat meganiese opleiding aan die personeel op gereelde basis sal geskied en gesê dat die elektroniese opleiding reeds afgehandel is. Die huidige primêre gesondheidsorgkliniek word tans op die perseel van die Alan Blyth-hospitaal gehuisves, waar ’n gebrek aan ruimte baie opmerklik is.
Lees meer in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’