Update
DE RUST NUUS - Klein Karoo Agri se handelstak op De Rust het Vrydagoggend hulle nuwe vulstasie en geriefswinkel op die laer vlak van die perseel van die bestaande handelstak geopen.
Daar is ook 'n nuwe tak van Beans about Coffee geopen.
Die vulstasie op die laer vlak is bedoel vir bakkies en motors, terwyl die bestaande vulstasie by die handelstak op die boonste vlak vir vragmotors geskik is.
"Hierdie kompleks is 'n droom van Klein Karoo Agri wat waar geword het en dit is 'n mylpaal waarop ons trots kan wees," het Terblanche du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri, 'n filiaal van Klein Karoo (Edms.) Bpk. , tydens die amptelike opening gesê.
Dit is die tweede koffiewinkel wat Johan Breunissen van Beans about Coffee op 'n perseel van die Klein Karoo Groep open – die eerste is die koffiewinkel by Klein Karoo Internasionaal se Ostrich Emporium in Oudtshoorn.
"Hierdie diensstasie op De Rust is die een met die mooiste uitsig," sê Breunissen. "Ons wil graag die dorp komplimenteer en saamwerk met die inwoners."
Lees 'n vorige artikel: Nuwe ontwikkeling hupstoor vir De Rust
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'