DE RUST NUUSFLITS - Klein Karoo Agri se handelstak op De Rust het Vrydagoggend hulle nuwe vulstasie en geriefswinkel op die laer vlak van die perseel van die bestaande handelstak geopen.
Daar is ook ‘n nuwe tak van Beans about Coffee geopen.
Die vulstasie op die laer vlak is bedoel vir bakkies en motors, terwyl die bestaande vulstasie by die handelstak op die boonste vlak vir vragmotors geskik is.
“Hierdie kompleks is ‘n droom van Klein Karoo Agri wat waar geword het en dit is ‘n mylpaal waarop ons trots kan wees,” het Terblanche du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri, ‘n filiaal van Klein Karoo (Edms.) Bpk., tydens die amptelike opening gesê.
Terblanche du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri saam met petroljoggies Isaac Platjies en Sophie Swartbooi, Gerickus Vermeulen (bestuurder van De Rust Handelstak), Zelmarie Konstabel, Stephanus van Beuling en Rodrick Gradwell.
Jimmy Hannah van Oudemuragie, is die eerste klient wat sy bakkie vol brandstof laat maak het by die nuwe diensstasie, Isaac Platjies gooi brandstof in, terwyl Brenden Botha, die Caltex wit haas toekyk.
'n Klomp boere en sakelui van omliggende dorpe het die opening van die nuwe afdeling bygewoon.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'