OUDTSHOORN NUUS - Anike Thom (15) het onlangs aan die Figures Model of the Year-skoonheidskompetisie in Roodepoort, deelgeneem en is as model van die jaar gekroon.
Anike is 'n bekende model van Oudtshoorn wat reeds verskeie skoonheidskompetisies gewen het.
Haar groot droom is om eendag in New York deel te neem.
Die onlangse kompetisie neem haar nou een stappie nader aan haar groot droom.
Benewens die feit dat sy as model van die jaar gekroon is, het sy ook 'n bootreis op die MSC Orchestra gewen en R10 000 vir haar uitrusting. Volgens Anike se ma, Delene, het hulle haar uitrusting self gemaak.
"Die deelnemers moes iets aantrek wat hul land verteenwoordig en ons het toe op 'n protea besluit."
Anike toer in Maart volgende jaar op die MSC Orchestra saam met 30 ander modelagentskappe van oor die wêreld, waar sy haar talente aan die beste internasionale agente ten toon gaan stel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'