Update
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Courant het vandag verneem hoe dit met die twee plaaslike Covid-19-pasiënte gaan.
Die eerste pasiënt, Charmaine Huyser, is steeds in self-isolasie tuis. Sy sê sy voel baie goed en sy en haar gesin word volgende week weer getoets.
Die gesin is in hulle eie deel van die huis in self-isloasie.
Die tweede pasiënt, 'n man wat Dinsdag na Mediclinic George oorgeplaas is, is steeds aan 'n ventilator in die hoësorgeenheid gekoppel.
Volgens sy dogter is dit te vroeg om sien of daar 'n verbetering is. "Ons is positief oor sy toestand en vertrou die dokters."
Sy waarsku mense om die virus nie te onderskat nie. "Dit is werklik 'n onsigbare en onvoorspelbare virus. My pa het geen idee waar hy dit opgedoen het nie."
VERWANTE ARTIKELS:
- Dr Vermeulen toets negatief vir Covid-19
- Tweede Oudtshoorn Covid-19 geval
- Eerste Oudtshoorn Covid-19 pasiënt vertel
- Dokter in self-isolasie
- Oudtshoorn het eerste Covid-19-geval
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'