OUDTSHOORN NUUS - - Volgens Sersant, Gretchen Michaels, woordwoerder van die Oudtshoorn-polisie, is die liggaam wat vanoggend in Dassieweg by die oop stuk veld naby die munisipale depot gevind is, dié van 'n 60-jarige man.
Die Oudtshoorn Courant sal die volledige storie sowel as die oorledene se identiteit in hul volgende uitgawe bekend maak nadat die liggaam amptelik uitgeken is.