Video
KAROO NUUS EN VIDEO - Noodpersoneel en vrywilligers het in Klaarstroom mense wat vasgekeer was gered.
Volgens sers. Chris Spies, polisiewoordvoerderder, is lugsteun na die gebied gestuur waar vier mense na veiligheid gebring is.
"Intussen is polisieduikers in Oudtshoorn ontplooi en help met soek- en reddingsoperasies. Die span het 11 mense na veiligheid gebring sedert die aanvang van die operasie vroeër vandag."
VIDEO: Reddingsoperasie bring mense na veiligheid in Klaarstroom.
Fotos: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’