Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Een persoon is vanaand noodlottig beseer in 'n botsing sowat 12 km buite Oudtshoorn (op die Georgepad).
Twee voertuie het reg van voor teen mekaar gebots en 'n derde voertuig, 'n Kia Picanto, het toe in een van die voertuie vasgery.
Volgens die bestuurder van die Picanto, het 'n bakkie oor die middellyn gery en 'n Nissan reg van voor getref.
Die bestuurder van die Nissan is op die toneel oorlede. Familielede van die oorledene is op die toneel
Motoriste word gevra om versigtig te wees, slegs een baan is oop vir verkeer.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'