OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-burgemeester, Johan Allers se Burgemeester Imbizo's rakende die konsep Geïntegreerde Ontwikkelings Plan (GOP) vir die 2025/2026, asook die konsepbegroting vir die 2025/2027 finansiële boekjare vind in April plaas.
Die imbizo's word gehou om noodsaaklike kommentaar van inwoners en belastingbetalers in te win soos wetlik vereis word.
Die vergaderings is soos volg:
• Wyk 11: Maandag 7 April, Blomnek-gemeenskapsaal 18:30
• Wyke 9 en 10: Dinsdag 8 April, Dysselsdorp-gemeenskapsaal 18:30
• Wyk 6: Woensdag 9 April, Rosevalley-biblioteeksaal 18:30
• Wyke 4 en 5: Donderdag 10 April, Thusong-dienssentrum 18:30
• Wyk 8: Maandag 14 April, Thusong-dienssentrum 18:30
• Wyke 7 en 13: Dinsdag 15 April, Protea Hotel Saal 18:30
• Wyke 9, 11 en 12: Woensdag 23 April, Oudtshoorn-banketsaal 18:30
• Wyke 1, 2, 3 en 7: Donderdag 24 April, Oudtshoorn-banketsaal 18:30
• Wyke 2 en 12 Woensdag 30 April, Volmoed Primêr 18:30
Vir navrae kontak Thembeka Gunguluza by 044 203 3972.