KAROO NUUS - Volgens pronvisiale verkeershoof, Kenny Africa, is die N1 buite Beaufort-Wes aan die Kaap se kant, sowel as die Oudtshoorn-aansluiting, vir verkeer gesluit.
Gemeenskapslede het die pad gesluit as gevolg van ontevredenheid oor die leerlingvervoerskema.
Die alternatiewe roete, volgens Africa, is as volg: Colesberg, Noupoort, Graaff Reinet, Aberdeen, Willowmore, De Rust, Oudtshoorn, Calitzdorp, Ladismith, Barrydale, Montagu, Touwsriver of Worcester.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'