OUDTSHOORN NUUS - Die Polisiehoogte-nasorgsentrum en sopkombuis het die afgelope naweek 'n suksesvolle netbaldag by Colridge Primêr aangebied, asook 'n spogtee in die Gospel Revelation Kerk ter viering van Vrouedag.
Netbalspanne van die Infanterieskool en Korrektiewe Dienste, tesame met spanne van Oudtshoorn, Uniondale, Haarlem en Schoemanshoek het mekaar die stryd aangesê. Twee van die spanne het uit mans bestaan wat beslis hul staal op die baan gewys het.
Tydens Sondag 11 Augustus se spogtee was die bekende aanbieder van die radioprogram Carpé Diem op EDENfm, Molly Engelbrecht die gasspreker. Millicent Biljohn, 'n voormalige Mev. Suid-Afrika finalis was die programleier vir die verrigtinge.
Sy het die vroue bemoedig met Spreuke 11:16, 'Die aanvallige vrou verkry eer', en Prediker 7, 'Jou naam en karakter as vrou'.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’