OUDTSHOORN NUUS - Die bestuur van die CP Nel-museum in Oudtshoorn nooi inwoners na ’n spesiale aand by die museum op Donderdag 13 November om 17:30 vir 18:00.
Die geleentheid word aangebied deur die Vriende van die Museum. Volgens Carla Ferreira, museumassistent gaan die mooi werk wat gedoen word om die museum weer die hart van Oudtshoorn se kultuurlewe te maak gevier word.
“Met haar nuwe beligting skitter ons ‘Ou Dame’ weer soos ’n jong debutant! Kom geniet ’n interessante aanbieding, lekker geselskap, ligte happies, en natuurlik ’n paar plaaslike wyne om aan te teug. Bydraes sal gelewer word deur Hazel Jonker, Hilda Boshoff, Johan Breunissen, Mannetjie de Beer en Sharlene de Beer-Fick.”
Toegang is R100 per persoon en sluit ligte verversings in, hierdie aand is ook ’n fondsinsameling ten bate van die museum. Daar is egter beperkte kaartjies met slegs 80 plekke beskikbaar. Besprekings sal vasgemaak word met betaling. Inwoners kan EFT gebruik, gebruik asseblief jou naam en van as verwysing.
Kaartjies is ook beskikbaar by: Christo by 072 833 7723 of Ilse by 072 199 191
Kom deel in ’n warm, inspirerende aand van stories, wyn, erfenis en gemeenskap by die CP Nel Museum.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’