OUDTSHOORN NUUS - Kom geniet ‘n heerlike familiedag wanneer Little Bo-Peep vanjaar die kleuteratletiekbyeenkoms van die jaar aanbied! Alle kleuters is welkom, of hulle nou in ‘n skool is of nie.
Kleuters van een tot ses jaar oud kan deelneem. Elke ouderdomsgroep sal sy eie uitdunne hou asook ‘n finale in elke ouderdomsgroep.
Elke kleuter wat deelneem sal ‘n sertifikaat ontvang. Die 1ste, 2de en 3de plek van die finale wenners sal elk ‘n medalje ontvang. Bring vir ouma en oupa saam én jou oom en tannie – sommer die hele familie en kom geniet die dag! Dit beloof om hope pret te wees!!
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'