OUDTSHOORN NUUS - Talle mense het na ontvangs van hul Julie munisipale elektrisiteitsrekenings gekla dat hullle tot 400% na 500% meer moet betaal.
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit het op ‘n navraag van die Oudtshoorn Courant oor die bewerings gesê: “Verbuikers kan ongelukkig nie hulle totale rekeninge met die van Junie 2017 vergelyk om ‘n verhoging of tendense te bepaal nie.
“Verbruikers moet hulle verhoging per diens vergelyk, asook die algemene tydens die winter, wat gewoonlik ‘n hoër verbruik in elektrisiteit tot gevolg het en die berekening daarvolgens doen, wanneer daar na die persentasie verhogings op dienste gekyk word.”
Mangqwengqwe het verbruikers uitgenooi om die munisipaliteit te besoek of te skakel indien daar enige onduidelikhede is met betrekking tot munisipale rekeninge.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'