Update
OUDTSHOORN NUUS - Jarrod de Jongh, die 19-jarige motorfietsryer wat Saterdag in 'n botsing met 'n bakkie betrokke was, is steeds kritiek maar stabiel.
Sy ma het vanoggend gesê dokters het hom gister uit die mediese koma gehaal sodat toetse vir breinfunksie gedoen kan word.
Volgens haar reageer hy op opdragte, maar as gevolg van ernstige harsingskudding maak hy nog nie oogkontak nie.
Hy het Dinsdagaand 'n operasie van meer as vyf ure ondergaan wat volg op Sondag se operasie van meer as sewe ure.
Jarrod is kritiek beseer toe sy motorfiets Saterdagaand 'n bakkie in Langenhovenweg getref het. Hy het veelvuldige beserings en frakture opgedoen en is tans in die waakeenheid van Mediclinic George.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'