Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - ’n Motorfietsryer, wat na sy etensuur van die huis af op pad werk toe was, is in Dassieweg deur ’n motor getref.
Volgens omstanders op die toneel was die motorfiets met Dassieweg onderweg toe ‘n silwer Toyota Tazz uit ’n systraat voor hom ingery het.
Die motorfietsryer het ’n fraktuur aan sy regterbeen opgedoen. Hy is op die toneel deur paramedici behandel en met ’n ambulans van ER24 hospitaal toe geneem. Familielede van die beseerde was ook op die toneel.
Die botsing het net na 13:00 oorkant die slagpale in Dassieweg plaasgevind.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'