OUDTSHOORN NUUS - 'n Man wat met sy bromponie teen die kant van 'n afleweringsbakkie vasgery het, is met hoofbeserings en beserings aan sy bene hospitaal toe geneem. Hy het sy bewussyn tydens die botsing verloor.
Die botsing het by die kruising van St Georges- en St Johnstraat plaasgevind. Volgens ooggetuies op die toneel het die motorfietsryer met St Georgesstraat langs gery, maar nie by die stopstraat stilgehou nie.
Hy het die bakkie wat met St Johnstraat onderweg was aan die regterkant getref. Die bestuurder van die bakkie het 'n harde hou teen die kop gekry, maar kon daarin slaag om die bakkie veilig tot stilstand te bring.
Die botsing het om ongeveer 14:00 plaasgevind en is op kameras van 'n onderneming vasgevang.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'