Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - "Die bestuurder het aangestap..."
Dit was die verduideliking van vyf mans wat gisteraand omstreeks 22:00 in 'n botsing op die Mosselbaaipad betrokke was.
Die Toyota Corolla waarin hulle was, het 'n betonversperring op 'n skerp draai sowat 20 km buite Oudtshoorn getref, gerol en ongeveer 30 meter verder in die veld beland.
Niemand is ernstig beseer nie.
Die vyf insittendes het beweer dat daar ses van hulle in die motor was en dat die bestuurder glo weggestap het.
Kyk 'n video hieronder:
Hierdie storie is soortgelyk aan 'n vorige botsing by dieselfde plek, meer as 'n jaar gelede, toe 'n minibus ook die muur getref en omgeslaan het.
Daar het die insittendes ook beweer dat die bestuurder verdwyn het, maar toe die eienaar van die voertuig by die hospitaal kom het hy die bestuurder tussen die ander uitgeken.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'