OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die bestuurder van 'n blou BMW 518 wat na bewering vanaand 'n botsing op die Georgepad veroorsaak het en weggery het, het volgens getuies heen en weer oor die pad gery voor die botsing.
Volgens die bestuurders van onderskeidelik 'n blou Uno en die bekende Potgieter Bussie, het die BMW aan die verkeerde kant van die pad gery en voor 'n aankomende Uno in gery.
Om 'n botsing te vermy het die bestuurder van die Uno na regs geswaai en die Potgieter Bussie wat agter die BMW was getref. Die Uno het omgeslaan.
Daar was drie volwassenes en 'n kind van ongeveer 4 jaar in die Uno. Hulle is burgers van Bangladesh wat vanaf Oudtshoorn na George onderweg was waar hulle 'n besigheid het.
Een van die volwassenes is met beserings hospitaal toe geneem. Die ander twee en die kind is ongedeerd.
Die bestuurder en die 8 passasiers wat in die bussie was, is nie beseer nie.
Die Potgieter Bussie.
Die Uno het omgeslaan.
Die Uno wat in die ongeluk betrokke was
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutse Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'