OUDTSHOORN NUUS - PA-raadslid Suzane Jansen en Advieskantoor-raadslid, Leon Campher het vandag ‘n dringende mosie van wantroue teen burgemeester Chad Louw ingedien wat by die volgende raadsvergadering moet dien, ingedien.
Aurelia Mle, woordvoerder van die munisipaliteit het vanmiddag ‘n kennisgewing uitgestuur dat die volgende spesiale raadsvergadering 29 Junie om 10:00 gaan wees, maar die agenda maak nie melding van enige mosies nie.
Volgens die mosie wat ingedien is die motivering vir die mosie:
- Versuim om politieke leierskap te verskaf,
- Versuim om beweerde bedrog van R3 miljoen aan die raad te rapporteer,
- Versuim om diensleweringkwessies te adresseer,
- Versuim om maatreëls in te stel om voortdurende oorstromings van wonings te voorkom
- Daar is ook ongelukkigheid oor begrotingsgelde wat nie op onder meer die swembad, die De Jager-sportkompleks en die Bongolethu-sportstadion spandeer is nie.
LEES MEER: ANC reacts on motion
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'