OUDTSHOORN NUUS - Die 85-bestaansjaarvieringe van die Hoërskool Môrester moes as gevolg van die nuwe skoolkalender uitgestel word en vind nou plaas vanaf Donderdag 30 September tot 3 Oktober 2021.
Dié geskiedkundige geleentheid beloof, volgens Franco Coerecius, voorsitter van die reëlingskomitee, om 'n grootse viering van dié mylpaal van die skool te wees.
Die skool het sy deure in 1936 in 'n ou tabakfabriek in Noordstraat, Noordeinde, geopen en een van die eerste leerders, die 100-jarige meester Ampie Wicomb, sal ook van die geleenthede bywoon.
Die naweek se feesvieringe begin op Donderdag 30 September met 'n verwelkomingsfunksie en sluit Sondag 3 Oktober af met 'n dankseggingsdiens, 'n massa middagmaal en 'n kultuuraand.
Die sluitingsdatum vir besprekings is einde Julie 2021.
Vir navare kan Coerecius by 073 924 2288 of per epos by CoereciusFranco22@gmail.com en Pietie Mooney by 084 603 5756 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'