Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak van die drie verdagtes wat vir Justin Booysen se moord in hegtenis geneem is na môre uitgestel.
Simphiwe Ndani, Breyton Bruiners en Ebrahim Malgas het vanoggend in 'n stampvol hof met swaar polisieteenwoordigheid voorgekom.
Die saak is na môre uitgestel sodat die drie beskuldigdes regsverteenwoordigers kan kry. Hulle bly in aanhouding tot dan.
Ndani, Bruiners en Malgas is in hegtenis geneem na Justin Booysen (30) die naweek in sy huis in Rosebank doodgeskiet is.
Lees 'n vorige artikel: Jong man doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'