Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Ebrahim Malgas, Breyton Bruiners en Simphiwe Ndani, die drie mans wat vir die moord op Justin Booysen die afgelope naweek in hegtenis geneem is het vanoggend hul tweede verskyning in die hof gehad.
Vaughn Shone is sover as Bruiners se regsverteenwoordiger aangestel en Anzell Loubsher as die ander twee verdagtes se regsverteenwoordiger.
Die saak is na Maandag vir 'n borgtogaansoek uitgestel.
Na die hof verdaag het het Booysen se ondersteuners by die polisiestasie saamgedrom.
Hulle wag vir die drie verdagtes om terug na die tronk geneem te word.
Kyk 'n video hieronder.
Voor die hof.
Justin Booysen.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'