DYSSELSDORP NUUS - ‘n 22-jarige man van Dysselsdorp is op 23 Januarie in hegtenis geneem na hy glo ‘n 63-jarige man met ‘n klip doodgekap het.
Volgens kaptein Joey Strydom, stasiebevelvoerder van Dysselsdorp-polisiestasie, het die voorval helder oordag plaas gevind.
“Dit was ongeveer 11:00 Donderdagoggend. Die moord het by die reservoirs plaasgevind.
"‘n Groep mans wat met hul bokke op pad veld toe was en daar verby geloop het, het die voorval sien gebeur en die polisie en die ambulans gebel. Die 63-jarige man, bekend as Klaas Campher, is onderweg na die hospitaal oorlede.”
Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem. Die motief vir die moord is nog onbekend.
Die verdagte, Justin Baartman, het reeds in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn en sal op 4 Februarie om borgtog aansoek doen.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'