OUDTSHOORN NUUS - Niemand is nog in verband met die moord op 'n 19-jarige man die afgelope naweek in hegtenis geneem nie.
Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval om 03:18 by die opslaanhutte naby Black Joint in Bongolethu gebeur.
"Die polisie is na die toneel ontbied waar 'n persoon gelê het. Hy het 'n wond aan sy regtersy gehad asook 'n wond bo sy oog. Hy is op die toneel oorlede. Die oorledene is as Colin Botha geïdentifiseer."
Daar is gerugte dat Barnard geskiet is, maar Micheals sê die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word. Die Oudtshoorn Courant het ook die toneel besoek.
Volgens inwoners is hulle nie presies seker wat gebeur het nie, maar 'n man wat verkies om anoniem te bly, het gesê dat hy lê en slaap het toe hy twee skote hoor afgaan het.
"Die man het op die wal gestaan en afgerol tot by die heining van my hok."
Hy kon egter nie sê wie die persoon of persone was wat moontlik geskiet het nie.
Enige person met inligting kan vir sers. Suzette Witbooi skakel by 044 274 4400 skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer raak."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'