LADISMITH NUUS - Hoërskool Ladismith spog met 'n splinternuwe laboratorium vir fisiese wetenskappe. Nie net is die nuutste hulpmiddele vir die leerarea oorhandig nie, maar is die onderriglokaal ook heeltemal modern ingerig.
Die organisasie Advancing Knowledge Non-Profit Company (AK NPC), het in vennootskap met die WKOD hierdie nood-saaklike inisiatief begin.
Prof. Shahied Hartley van Advancing Knowledge Non-Profit Company (AK NPC) het na die laboratorium as 'n addisionele hulpmiddel in elke leerder se strewe na sukses op skool, en ook in sy/haar tersiêre opleiding, verwys.
Daar is ook beklemtoon dat die laboratorium beskikbaar gestel kan word aan van die buurskole sodat die breë gemeenskap daarby baat kan vind.
Ronwan Rademeyer van die skool se beheerliggaam het Advancing Knowledge bedank vir die vertroue wat hulle in die skool gestel het. Donovan Fortuin, dinamiese prinsipaal van Hoërskool Ladismith, het die gesamentlike poging van die WKOD en Advancing Knowledge as 'n prysenswaardige belegging in die toekoms van nie net die leerders nie, maar ook die van land gesien, omdat hierdie belegging die moontlikheid van meer wetenskaplikes uit alle gemeenskappe verseker.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’