Update
DYSSELSDORP NUUS - Polisie-duikers het die liggaam van die 9-jarige Rhodesia Jonalien Gelant wat vroeër vandag verdrink het, gevind.
Volgens inligting wat aan Oudtshoorn Courant gegee is, is die liggaam vanaand net voor 20:00 'n aantal kilometer stroomaf van die plek waar sy in die kanaal beland het, gevind.
Dit blyk volgens voorlopige inligting dat die liggaam in die Rooiheuwel-omgewing uit die kanaal gehaal is.
Oudtshoorn Courant het vroeër vandag, terwyl daar nog na die liggaam gesoek is, met die oorledene se ouma in Dysselsdorp gepraat.
Amptelike inligting oor die verdrinking sal nog deur die polisie gestuur word.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'