OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Meiringspoort Marathon se jaarlikse borge funksie het Donderdagaand, 10 Oktober in De Rust tydens 'n jolige funksie plaasgevind.
Hierdie jaar is dit die 30ste jaar wat die marathon plaasvind. Bernard Deloport, voorsitter van die reëlings-komitee het die borge vir hul bydraes bedank."Sonder jul ruim borgskappe jaarliks sal die marathon nie kan plaasvind nie."
Hy het voortgegaan en die Hoofborg, Optimun Financial Services Group uitgesonder vir hul betrokkenheid en borgskap. "Ten slotte het hy die boervroue in die De Rust-gemeenskap geloof vir hul harde werk, toewyding en passie, "Sonder julle sou die marathon nooit in die eerste plek ontstaan het nie, en jul harde werk sorg dat die sportgeleentheid seepglad verloop."
'n Spesiale oomblik was toe Leon Cohen (70) vereer is vir sy 30 jaar deelname aan die Meiringspoort Marathon. Moses Gericke, verbonde aan die SWD Atletiek bestuur het 'n spesiale medalje aan hom oorhandig en genoem dat Cohen 'n groot inspirasie is vir almal."Die besonderse man hardloop Saterdag sy 30ste marathon, wat werklik 'n groot inspirasie vir elke atleet is."
'n Egte duitse Oempa- orkes het gesorg vir musiek en 'n gesellige atmosfeer terwyl gaste die aand geniet en gesellig verkeer het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’