OUDTSHOORN NUUS - Robert Wicomb (74), oudonderwyser van Laerskool Bergsig, is Saterdag onder blyke van wye belangstelling vanuit die Weyers Memorial United Congregational Church begrawe.
Meester Robbie, soos hy bekendgestaan het, is op Vrydag 21 Junie vermoedelik aan ‘n hartaanval oorlede.
Hy is die enigste seun van die legendariese meester Ampie Wicomb, wat in Desember verlede jaar sy 103de verjaarsdag gevier het.
Pietie Mooney, wat vir baie jare saam met Wicomb by Bergsig skoolgehou het, het sy oudkollega beskryf as ‘n ware heer, sag dog berekenend. "Robbie was ’n man van min woorde, met integriteit en iemand wat sterk standpunt ingeneem het wanneer nodig. Sy trotse onderwysloopbaan was prysenswaardig. Hy was pynlik netjies in sy werk."
Mooney sê hy sal Wicomb ook onthou vir sy hulpvaardigheid en daarwees vir vriende.
Lees meer in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’